Ek en my eggenote kan getuig dat Elaine verantwoordelik was vir die verhuring van ‘n woonstel aan ons woonhuis te Arthur Wright-weg 19 te Vishoek en die bestuur van die kontrak vir ‘n periode van ongeveer 10 jaar. Dit was vir ons ‘n proses wat net klopdisselboom verloop het, daar was nooit enige probleme met die huur invordering nie, en die jaarlikse kontrakhernuwing is stiptelik gedoen en uitgevoer.
Ons weet sy sal haar belange in Langebaan ook professioneel dien.

Piet en Annaleen Erasmus
Muizenberg